March 02, 2009

November 22, 2008

Welkom op die CLASS OF '89 reünie blog!

Dis 20 jaar sedert ons saam op Volkies se skoolbanke gesit het... en tyd vir reünie!

Jy en jou metgesel word vriendelik uitgenooi om Saterdag-aand, 21 Februarie 2009 saam met ander 1989 matrikulante te deel. Kliek hier om die amptelike uitnodiging af te laai.

'n Bydrae van R250.00 per persoon is betaalbaar en sodra jy jou RSVP Vorm ingestuur het, sal jy 'n rekeningstaat met betalingsbesonderhede ontvang. Jou RSVP sal eers effektief wees as ons jou betaling ontvang het.

Die laaste dag waarop jy kan RSVP is Dinsdag, 13 Januarie 2009 en die laaste dag waarop betalings aanvaar sal word is Vrydag, 16 Januarie 2009.

Kliek hier om die amptelike reünie program af te laai en kliek hier vir 'n 'blast from the past'!

Kontak Reinhardt Buys met enige vrae or voorstelle by 074 464 0686 of reinhardt@buys.co.za.

Om dokumente van hierdie blog af te laai en oop te maak, het jy 'n nuwe weergawe van Acrobat Reader nodig - laai die sagteware gratis hier af.

Ons hoop om jou op 21 Februarie 2009 te sien!

Volkie groete,

1989 REUNIE REELINGSKOMITEE
SANDRA MYBURGH
GARRON TROSKIE
LISTEL SCHEEPERS
REINHARDT BUYS
CHRISTA NEL
ISME NEL