Dis 20 jaar sedert ons saam op Volkies se skoolbanke gesit het... en tyd vir reünie!
Jy en jou metgesel word vriendelik uitgenooi om Saterdag-aand, 21 Februarie 2009 saam met ander 1989 matrikulante te deel. Kliek hier om die amptelike uitnodiging af te laai.
'n Bydrae van R250.00 per persoon is betaalbaar en sodra jy jou RSVP Vorm ingestuur het, sal jy 'n rekeningstaat met betalingsbesonderhede ontvang. Jou RSVP sal eers effektief wees as ons jou betaling ontvang het.
Die laaste dag waarop jy kan RSVP is Dinsdag, 13 Januarie 2009 en die laaste dag waarop betalings aanvaar sal word is Vrydag, 16 Januarie 2009.
Kliek hier om die amptelike reünie program af te laai en kliek hier vir 'n 'blast from the past'!
Kontak Reinhardt Buys met enige vrae or voorstelle by 074 464 0686 of reinhardt@buys.co.za.
Om dokumente van hierdie blog af te laai en oop te maak, het jy 'n nuwe weergawe van Acrobat Reader nodig - laai die sagteware gratis hier af.
Ons hoop om jou op 21 Februarie 2009 te sien!
Volkie groete,
1989 REUNIE REELINGSKOMITEE
SANDRA MYBURGH
GARRON TROSKIE
LISTEL SCHEEPERS
REINHARDT BUYS
CHRISTA NEL
ISME NEL
7 comments:
Goed gedoen! Ons sien SO uit na die reunie!
wow - lekker man
Sjoe, as ek na die 'ou' foto's kyk raak ek kinderlik opgewonde! Gaan so, so lekker wees om almal te her-ontmoet en hopenlik nuwe bande op te tel!
Sien baie uit na die reunie. Debbie (Nel) Joubert
EK IS BAIE BEINDRUK MET DIE MOEITE WAT GEDOEN WORD... DIT LYK OF N AD AGENCY DIT GEDOEN HET!
kan nie wag om almal te sien nie, weet jy hoe baie het ek gedroom ek is weer op skool en ek het nie huiswerk gedoen nie, of ek het nie geswot vir eksamen nie en ek is eerste klaar met eksamen( wel hoe kan dit nou wees?) Hoe ouer mens word hoe meer besef jy dat daai jare die beste was in jou lewe, onbesorgdheid, verliefdheid, rugby , interhoers, sokkies what a great time we had! En wat se goeie onnies het ons nie gehad nie, ne? Sien julle daar almal!Robert Sutadi Horneman, the Netherlands(p.s. k.k plek!
Sien uit om almal daar te sien!
Dankie vir elkeen wat moeite gedoen het om ons reunie by te woon! Dit was voorwaar 'n mylpaal wat ons behoorlik gevier het.
'n Spesiale woord van dank aan Reinhardt wat 'n uitmuntende funksie in elke opsig gereel het.
Skryf gerus op ons muur om vir ons terugvoer oor die reunie te gee.
Moedig ook nog steeds mense aan om hier aan te sluit. Dis 'n goeie plek om via fotos en wedersydse kommentaar in kontak te bly.
Groete,
Sandra
Post a Comment